
ROUND THE BEND - NEW YEAR 2011/2012
ORANGE RIVER HOLIDAY ADVENTURES!
WHAT'S NEWS AT ROUND THE BEND ....... DATE POSTED : 5 Oct 2011
SEPTEMBER SCHOOL HOLIDAYS 2011 - DATE POSTED 15 AUGUST 2011
SA CHALLENGE 2011 !!! - DATED POSTED 25 MAY 2011
UP THE CREEK MUSIC FESTIVAL 2011 - DATE POSTED 7 DEC 2010
CHRISTMAS ON THE ORANGE RIVER !! DATE POSTED 22 OCT 2010
Liewe Caroline ...GOOD MORNING TO YOU ! : DATE POSTED 17 MAY 2010
Liewe Caroline
Good MORNING to YOU!
Good MORNING to YOU!
Oh, what a BEAUTIFUL MORNING
Oh, what a BEAUTIFUL DAY!
I have a WONDERFUL FEELING
everything's going MY way!
Die jaar 2010 se roeitog is alweer verstreke en behoort vir ALTYD aan die verlede, maar tog is dit nog BAIE helder en duidelik in my geheue en sal dit beslis 'n BAIE spesiale plekkie in my herinneringspakket inneem. Kontak met die natuur raak ALTYD my SIEL aan en dan bly dit mos BAIE lank deel van jou menswees.
Ek kyk terug - met baie groot dankbaarheid aan my Hemelse Vader - na die wonderlike saamwees met BAIE spesiale natuurliefhebbers wat ELKEEN 'n BAIE spesiale plekkie in my hart gevul het, want ALMAL is "omgee-mense" wat net altyd bereid is om te GEE en te GEE! Dit het my onwillekeurig aan die volgende herinner:
Die GEES word ryk deur wat hy ONTVANG
die HART word ryk deur wat hy GEE!
YOU can LIVE without LOVING
but you cannot LIVE without GIVING!
Ontvang hiermee my HARTLIKE dank en OPREGTE waardering want WANNEER sal ons OOIT weer ...
• SO bevoorreg wees om twee sulke interessante Sweedse roeiers sowel as 'n aantreklike jong dame van Ierland by ons te kon he
• SO gelukkig wees om TWEE sulke uitstekende gidse (Ruark en Michael) saam met 7 handlangers by ons te kon neem
• SO bederf te word met sulke wonderlike, spesiale en voldoende KOS ...
• SO GELUKKIG wees om ELKE nag onder die sterrekombers te kan slaap terwyl die gloeiende maan die wag hou oor ons
• SO opgewonde kan raak as sulke wakker rakkers soos Thinus en Elre die kitaar tokkel sodat ons almal SAAM kan sing: "Ons hoenderhaan is dood, is dood!" - om sodoende die samehorigheidsgevoel te verstewig
• SO bevoorreg wees om waarde vir ons geld te kry as die kano besluit om te sink en ons al jubelend in die stroom kan afgly
• SO rustig kan raak om die geopende Woord van God terwyl die stilte van die nag om ons toesak en slegs die gekabbel van die waterstrome ons herinner aan die feit dat ons wel hier op aarde is
Ons is ook groot dank verskuldig aan Carlos wat ALLES FANTASTIES georganiseer het, saam met Ruark en Michael en AL die handlangers. Maar ons GROOTSTE dank aan ons Hemelse Vader wat ons veilig laat roei het en ook weer veilig by ons geliefdes uit gebring het.
Danksy die wonderlike weer kon ons ons verlustig in die vergesigte, die pieke van die Rosyntjieberge rondom ons, sowel as die groen soom langs die bruisende rivier en die grys reiers, die slanghals voels sowel as die ander onbekende voels wat ons teenwoordigheid kom opsoek het.
The hours when the mind is absorbed by beauty
are the ONLY hours that we really lived!
(Richard Jefferies)
Net soos die baie klein blommetjies geblom het - die blommetjies wat hier en daar opgemerk is en wat eintlik die juwele van die natuur is - net so het die vriendskappe ook geblom en is die moontlikheid vir 'n verdere blomtyd ALTYD daar.
FRIENDSHIP needs no plan or chart
It comes by SHARING heart to heart!
Vir MY persoonlik was die ervaring van ware vriendskap sowel as LIEFDE teenoor mekaar 'n toonbeeld van die LIEFDE van God wat AL permanente faktor in ons lewens is. 'n Groot denker se woorde was by geleentheid die volgende:
LIEFDE is GEEN uitvindsel van die mens nie
Dis 'n GENADE van GOD!
Ek hoop en vertrou dat die samesyn en die ervaring in die ongerepte natuur (saam met die opgewonde muggies) vir julle ook brandhout op julle lewensvuur was wat later kooltjies van HERINNERING sal word. Die son van die jaar 2010 het reeds al ver gestyg, die winde van verandering het ook alweer begin waai en die tyd is alweer besig om te vlieg. Ek hoop dat jy en jou geliefdes in staat sal wees om VER en WYD en HOOG te vlieg en dat jy die maksimum uit ELKE oomblik sal haal!
As WERK nie meer 'n vreugde is nie
hoe sal ons OOIT die FEES van die ARBEID KAN VIER?
Graag nooi ons jou HARTLIK uit na ons re–unie wat op Dinsdagaand 11 Mei 2010 vanaf 19h30 by Kommissarisstraat 119 sal plaasvind. (ALMAL welkom, al is dit eers na ander verpligtinge.) Dit sal 'n lasagne– en slaai-aand wees en jou bydrae sal welkom wees. Skakel my asb. nie later as 8 Mei om my van jou teenwoordigheid te verwittig sodat ons die kos se organisasie kan finaliseer, aangesien ons ongeveer 50 gaste verwag. LW. Bring asb. jou fotos sowel as jou eie "vrug van die wingerdstok".
'n VRIENDELIKE versoek: As dit moontlik is, sal ek dit BAAAIEEE waardeer as jy 'n paragrafie kan skrywe oor HOE jy hierdie avontuurtjie ervaar het, want ons wil dit baie graag in die joernaal van herinneringe bewaar.
Hopelik sien ek julle almal weer op aanstaande jaar se roeitog vanaf 22 – 26 April 2011. If you FAIL to PLAN, you PLAN to FAIL!
Riviergroete
Miems





















